Dr Hugo Bezuidenhout
Dr Hugo Bezuidenhout is gebore in Potchefstroom en het in die oud Wes-Tvl nou Noord-wes provinsie groot geword. Hy het gestudeer aan die Universiteite van Pretoria and Potchefstroom en was ook by die Geniekorps se eenheid vir terreinevaluering tydens sy weermag twee jaar opleiding. Het begin by die Landbounavorsingsraad (ARC) en het daarna in Desember 1990 by SANParke begin werk as ’n navorser. Werk as ’n grond en plantkundige ekoloog in 14 binnelandse Nasionale Parke. Is in Kimberley se wetenskaplike kantoor gestasioneer waarvan hy die verskillende parke besoek en navorsing doen. Behalwe vir plant- en grondnavorsing doen hy ook impakstudies en het verskeie artikels, bydraes tot boeke, op radio en tv verskyn in natuurprogramme. Vir ontspanning geniet hy sy huis en hou daarvan om alle balspele te probeer speel en na enige sport te kyk. Hy is getroud met Thea ’n onderwyseres en hulle het twee baie besige jong manne.
Contact information
Dr Hugo Bezuidenhout
South African National Parks
Conservation Services: Scientific Services
Specialist Scientist: Vegetation Ecology
AERU Kimberley Office
Po.Box 110040
Hadison Park, Kimberley 8306
053 8325488 or 0829082857